Loading...

AfriForum bring hulde aan slagoffers van plaasmoorde met 1445 rose.

955 views

Loading...

Loading...

Transcript

The interactive transcript could not be loaded.

Loading...

Loading...

Rating is available when the video has been rented.
This feature is not available right now. Please try again later.
Published on May 25, 2012

AfriForum en AfriForum Jeug het vandag 1 445 geel rose tydens 'n kranslegging by die departement van polisie se hoofkantoor in Pretoria neergelê wat verteenwoordigend is van die minimum getal Suid-Afrikaners wat sedert 1990 in plaasaanvalle vermoor is. Hierdie aksie maak deel uit van die Solidariteit Beweging se veldtog teen plaasaanvalle.

Die burgerregte-organisasie het ook 'n memorandum aan die minister van polisie, Nathi Mthethwa, oorhandig waarin hy die regering vra om plaasmoorde tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar asook om spesialiseenhede vir landelike beveiliging daar te stel. Veertien foto's -- wat elk 100 mense verteenwoordig wat in plaasaanvalle vermoor is -- is saam met die rose neergelê.

Naasbestaandes van mense wat op plase vermoor is, het die geleentheid bygewoon en oorledenes is met die foto's vereer om gesigte en name aan die skokkende statistiek te koppel.

Dit is nie AfriForum se uitgangspunt om plaasmoorde bo ander moorde in die land te verhef nie.

"Die realiteit is wel dat boere in 'n disproporsionele mate vermoor word en dat die moorde dikwels met onmenslike gewelddadigheid gepaardgaan. Aangesien boere 'n kardinale rol in voedselsekerheid en werkskepping speel, behoort die regering plaasmoorde tot 'n prioriteitsmisdaad te verklaar en spesialiseenhede daar te stel vir die beveiliging van die land se voedselprodusente," het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, gesê.

AfriForum meen dat veel meer as 1 445 plaasmoorde sedert 1990 die land geruk het, maar dat hierdie syfer gebruik word, omdat die organisasie tans 1 445 name van vermoordes op rekord het.

"AfriForum voer hierdie aksie uit omdat niemand, wat in 'n plaasaanval om die lewe gebring is, verdien om net nog 'n statistiek te wees nie. Jongmense wil met hulle teenwoordigheid wys dat hulle nie hierdie situasie as normaal aanvaar nie, maar dat die aard van hierdie moorde ʼn veel groter impak op gemeenskappe het," het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Volgens Roets is dit statisties bewys dat 'n boer in Suid-Afrika 'n drie keer groter kans staan om vermoor te word as 'n polisiebeampte.

AfriForum moedig alle Suid-Afrikaners wat direk deur plaasaanvalle geraak is, om hulle storie in die boek, Treurgrond, te laat dokumenteer. Hulle kan die webwerf, www.treurgrond.co.za, besoek om die aanlyn-inligtingsvorm in te vul, die woord "Plaas" na 34388 SMS, 'n e-pos na treurgrond@solidariteit.co.za stuur, of Kraal-Uitgewers by 012 644 4329 skakel.

Loading...

to add this to Watch Later

Add to

Loading playlists...